Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times
Deur Helene de Kock  |  uitgegee deur NB Uitgewers
 
Met ’n stewige oeuvre van 43 romans op haar kerfstok, bly Helene Kock een van Afrikaans se gunsteling-liefdesverhaalskrywers. Die man van elders is die derde titel in ’n reeks oor die wel en wee van die vriende en families wat reeds in die eerste twee titels bekendgestel is. Die ander boeke in die reeks, Diana se dag en Drome het ook asem, was beide op Netwerk24 se topverkoperlys. Waaroor gaan die boek? Jean Botha verkeer tans elders: iewers en tegelykertyd nêrens. Ná drie jaar op ’n passasierskip smag hy na ’n plek wat syne is en waar hy gewoon net mens kan wees. Die oomblik toe hy terug op eie bodem vir Renette Brink op Stellenbosch ontmoet, weet Jean een ding vir seker: Hy sal haar nooit weer kan vergeet nie. Maar Renette is verloof aan Martin Hoogendyk, ’n gesiene boer van die OosVrystaat.
Toe Duncan Weston aanbied dat Jean op sy plaas naby Bethlehem gaan toesig hou, gryp hy die geleentheid aan. 

Daar slyp hy sy kunstalent en begin sy werk aan galerye verkoop. Intussen broei onheil in die pasgetroude Hoogendyk se huis. 

Die sjarmante Martin, wat selfs Renette se predikantpa met sy fyn ingesteldheid en hoflikheid beïndruk het, verander oornag in ’n vreemdeling. 

Dit word beskryf as ‘n meesleurende roman oor twee mense wat hulself vir die keuses van die verlede moet vergewe voor hulle ’n ware tuiskoms en liefde kan vind. Helene het ’n PhD in skryfkuns en is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf voltyds en woon in Pretoria. 

Daar het reeds talle romans uit haar pen verskyn.