Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Een van die land se grootste en oudste sportfeeste vind eerskomende naweek plaas. Die Sewesfees wat op KHS se terrein plaasvind, skop af op Vrydag 3 Oktober met nog ‘n klomp aksie op Saterdag 4 Oktober. Die propvol program gaan behoorlik rock! Die gholf en rolbal het die afgelope naweek plaasgevind met baie gees en helder kleure. Maar die groot naweek lê voor met rugby, netbal en hokkie. Die program is verstommend - 48 rugbyspanne, 64 netbalspanne en 16 hokkiespanne! Dan is daar nog dodgeball ook waaraan 16 spanne deelneem.
Dit beteken honderde mal, sportliefhebbende mense saam met hul vriendinne, kêrels, familie en vriende. Jy kan ook daar wees. Kaartjies vir die naweekpas is R360 vir volwassenes en R100 vir leerlinge. Die dagkaartjies is R150 elk vir volwassenes.
Terloops, die musiekprogram rock nog meer. Verwag Jo Black, Robbie Wessels, Juan Boucher, Loufi, Barto en meer en dit is ingesluit in die hoofkaartjieprys.