Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die 20ste Goliat van Gat Pampoenfees vind eerskomende naweek in Pretoria plaas en as jy lus is om soontoe te ry sal jy beslis bieliepampoene te siene kry.
Die huidige rekord van 890kg word gehou deur Wykus Lamprecht. Die gewilde Pampoenfees vind by die Pretoria Boeremarkterrein in Silverton plaas. 
“Ons hoop is om vanjaar ‘n een ton pampoen te kry en daarom het ons ‘n groot addisionele prysgeld van R25 000 daargestel om kwekers aan te spoor,” sê Henri Combrink, voorsitter van TLU SA se Cullinan Boere-Unie. 

Elke borg wat by die Pampoenfees betrokke is, maak ‘n groot bydrae om van die kompetisie ‘n sukses te maak. Daar sal ‘n lekker biertuin, stalletjies met eet- en drinkgoed, sowel as ‘n verskeidenheid ander produkte wees vir almal om te geniet. Bywoners kan uitsien na vermaak deur ABREU en Adam Tas.

“Daar is groot belangstelling in die Pampoenfees en daar word heelwat nuwe inskrywings verwag,” sê Combrink.

“Daar is kompetisies soos die grootste pampoen, die mooiste pampoen, lelikste pampoen, ‘n pitspoegkompetisie en ‘n verskeidenheid ander om bywoners te vermaak. Die swaarste pampoen sal ná die kompetisie vir ‘n paar dae by Uitkyk Vleismark in Silverton uitgestal word vir besigtiging.”

Al die pampoene wat ingeskryf word gaan na ‘n welsynsorganisasie toe vir verspreiding onder behoeftige mense in en om Pretoria.

Almal is welkom. Toegang is R50 per persoon en toegang vir kinders onder 12 jaar oud is gratis. Kaartjies is beskikbaar op Goliat van Gat Pampoenfees se Facebook-blad.

Navrae oor die Goliat van Gat Pampoenfees en stalletjies kan gerig word aan Combrink by 082 552 9428 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..