Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Noordwes beleef tans ’n ernstige droogte wat verder vererger word deur aanhoudende hittegolftoestande wat oeste en veebedrywighede bedreig en waterbeskikbaarheid beïnvloed.

“Hierdie heersende toestande, tesame met stygende insetkoste en beurtkrag, bedreig die lewensvatbaarheid van kommersiële boerderybedrywighede en sal ’n rampspoedige impak hê op klein- en bestaansboere wat ’n geweldige bydra lewer tot voedselsekerheid en om hongersnood en wanvoeding in gemeenskappe regoor Noordwes terug te stoot,” sê Carin Visser LP: Nasionale Raad van Provinsies: Landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling.

Om voedselsekerheid te verseker en om die hele landbousektor by te staan, het die DA aan die waarnemende premier Nono Maloyi geskryf en hom versoek om die provinsie dadelik as ‘n droogte-rampgebied te verklaar..

“Ons het verlede week ‘n mosie in die Nasionale Raad van Provinsies ter tafel gelê vir noodbystand om kommersiële, klein, opkomende en bestaansboere te ondersteun om die impak van die droogte op die landbousektor te beperk. Dit is noodsaaklik dat boere ondersteun word om voedselsekerheid te beskerm. Versuim om die Noordwes-landbousektor te ondersteun, sal die hele agri-waardeketting in gevaar stel en sal werksverliese tot gevolg hê.”

Kommer is onlangs in die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê oor die Noordwes-regering se versuim om boere te ondersteun tydens die uitgebreide veldbrandseisoen verlede jaar wat sowat 1,4 miljoen hektaar beweiding vernietig het, wat tot lewensverlies asook die verlies van vee en wild gelei het.

Volgens Visser word boere self oorgelaat om brande te bestry aangesien Working on Fire nie doeltreffend op oproepe om hulp kon reageer nie omdat die regering versuim het om die nodige hulpbronne aan die organisasie beskikbaar te stel.

“Weiding kon nie ten volle herstel van verlede jaar se veldbrande nie en die heersende droogte sal die weidingsbeskikbaarheid erg beperk wat daartoe sal lei dat boere hul kuddes sal moet verklein. Boere het ook nie die finansiële vermoë om voer van ver af aan te koop en te vervoer nie.”

Die DA eis dat premier Maloyi, die provinsiale rampbestuursentrum saam met die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkelingskomitee die vereiste prosesse en prosedures vir ramp-hulp in samewerking met nasionale tesourie volg om boere te ondersteun en die impak van die droogte te beperk. 

Die nodige hulpbronne vir Working on Fire moet ook onmiddellik beskikbaar gestel word.