Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times
Klerksdorp Midweek, Hartbeesfontein - Maritha Coetzee, DA-raads-lid vir Hartbeesfontein, het op Woensdag 21 Mei van Hartbeesfontein tot by die burgersentrum in Klerksdorp binne ‘n paar ure gestap! Terwyl sy asem geskep het na die staptog het sy vir Klerksdorp Midweek gesê dit was die moeite werd om die kollig te plaas op swak dienslewering van die Matlosana Munisipaliteit op Hartbeesfontein. “Dit was eintlik glad nie so erg nie. Mense het my banggepraat, maar ek het dit gemaak. Dit was 30 km ver.” Sy het ‘n memorandum aan die burgemeester oorhandig waar sy vra vir optrede oor donker straatligte en grondpaaie op die dorp wat volgens haar ‘n groot probleem is. Van haar familie en vriende het haar vergesel op die roete om seker te maak sy is veilig.