Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Ongelukkig kan almal nie see, na ’n vakansieoord of wildtuin toe gaan nie en is Jan Tuisbly se karretjie hulle voorland. Hier is ‘n paar wenke, saamgestel deur Afrikaans.com oor wat jy kan doen om jou kinders besig te hou en hulle voor die televisie en rekenaars weg te kry. Onthou net, pret is die wagwoord!

- Kry hulle aan die beweeg. Oefening is belangrik. Gaan stap of ry saam fiets as gesin. As jou tuin groot genoeg is, speel krieket of sokker in die agterplaas. Nie net raak almal fikser nie, maar dit verrig wondere vir die bloedsomloop en die gemoedstoestand.

- Bak en brou. Daar is altyd plek vir koekies in die koskas. Maak koekies bak ’n dag van pret en plesier in die kombuis! Of laat die kinders besluit wat is op die spyskaart en laat hulle help - kinders eet graag hul “eie” kos.

- Knip en plak. Party dae is die weer nie lekker vir buite speel nie. Dan is kreatiewe aktiwiteite 
die antwoord. Moenie daardie af-val-karton, oorskietlappies, krale en blinkers weggooi nie en sorg dat daar gom, klei, ’n skêr, penne, potlode en verf in die huis is. 

- Gee terug aan die gemeenskap. Winston Churchill het gesê ons maak ’n bestaan deur aan andere te gee. Laat die kinders hul kaste/speelgoedkis uitpak en van hul speelgoed of boeke wat hulle ontgroei het, maar wat nog in ’n goeie toestand is, skenk aan instansies wat dit dan by die minderbevoorregte kinders kan aflaai. Eintlik word daar dan sommer twee vlieë met een klap geslaan, want daar word sommer reggepak ook. Of dalk kan hulle koekies bak en versier en dit by die plaaslike ouetehuis/kinderhuis gaan uitdeel. Baie van die dierebeskermingsverenigings is ook altyd dankbaar vir hulp.

- Skermtyd het ook sy voordeel. Rekenaarspeletjies, veral teen mekaar, bly lekker. Of hou ’n fliek-aand en kyk saam na DVD’s. ’n Ideale tyd om daardie krismisbed op te maak. O, en moenie die bak springmielies vergeet nie!

- Speel bordspeletjies of hou ’n vasvra. Nie net is dit leersaam nie, dit is ook groot pret. So ’n vasvra kan ook oor die internet (Zoom) saam met familielede wat dalk ver woon, gehou word.

- Hou konsert. Laat die kinders hul eie konsert bymekaarsit. Daardie ou klere en mamma se krale is net die ding vir “opdress” vir hulle “verhoogproduksie”. Hulle kan selfs uitnodigings maak en die verhoog versier. Die konsert kan selfs opgeneem word.

- Laat hulle lees. Besluit saam hoeveel boeke julle die vakansie gaan lees - alleen of saam met jou. Strokiesprente is ook reg. Maak nou elke dag tyd vir lees. Dit is sekerlik een van die belangrikste en noodsaaklikste aktiwiteite waarmee jou kind hom-/haarself kan besig hou.

Lekker speel en mag jou kinders nie een oomblik verveeld wees nie!