Margit Meyer-Rödenbeck as Liewe Heksie het weer vol sale getrek by Aardklop wat verlede week in Potchefstroom gehou is. Twee Klerksdorpers, Mea en Amelia Wahl, is groot aanhangers en gaan kyk elke jaar na een van Margit se produksies saam met hul ma, Adrie. Margit gee elke jaar kaartjies vir Klerksdorp Rekord se lesers om na haar produksies te kyk. Adrie het gesê daar dogters het Liewe Heksie baie geniet. “Die jongste een, Amelia, was veral in ekstase en het heerlik met Liewe Heksie interaksie gehad. Ek dink min mense begryp hoe talentvolle en veelsydige aktrise Margit werklik is!’’ Op die foto is Margit as Liewe Heksie saam met Deon van Zyl as koning Rosekrans.
Liewe Heksie maak maats by Aardklop
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode