Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - ‘n Boodskap wat op sosiale media-platforms in die Kosh-gebied sirkuleer wat mense aanmoedig om kindermishandeling op ‘n private selfoonnommer aan te meld, het owerhede warm onder die kraag. 

Hierdie boodskap is spesifiek op die Matlosana People’s Movement (MPM) groepe versprei vanaf Dinsdag 3 Oktober. Die polisie en die nasionale vervolgingsgesag het kommer uitgespreek oor hierdie boodskappe en sê dit ondermyn owerhede se werk.

Maar Hendrik de Bruyn wat die MPM-groepe administreer en die boodskap versprei het, sê hy verskaf net ‘n kanaal wat mense vertrou om hulp vir mishandelde kinders te kry. “Ons het so baie mense op ons groepe en mense vertrou dat hulle hulp by ons gaan kry. Die enigste ding wat ons kan doen, is om hulle te help om hulp by die betrokke owerhede te kry. Ons kan en sal nie stilbly oor kwessies soos kindermishandeling nie,” het hy gesê.

Brig Sabatha Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê mense moet eerder aangemoedig word om kindermishandeling aan relevante owerhede aan te meld as om van ‘n derde party gebruik te maak. “In die geval van nie-regeringsorganisasies moet dit mense wees wat opgelei is en weet hoe om sulke sake te hanteer. Almal werk saam met die strafregstelsel om te verseker dat sake nie in gevaar gestel word nie. Indien daar nie aan wetgewing voldoen word nie kan dit lei tot vervolging van betrokke individue of groepe.’’

De Bruyn stem saam en het gesê hy werk saam met ‘n nie-regeringsorganisasie. “Die polisie is nie altyd geredelik beskikbaar vir al die klagtes wat ek deur my groepe ontvang nie, en daarom het ek besluit om klagtes te kanaliseer na ’n geregistreerde organisasie wat saam met die polisie en vervolgingsowerhede werk. Hier is niks sinisters aan nie,” het hy gesê.

Slagoffers wat kindermishandeling wil aanmeld en nie seker is wat om te doen nie, kan na die Thuthuzela-sorgsentrum, geleë by die Tshepong-hospitaal wat 24 uur per dag oop is, gaan. Thutuzela Care Centre is ‘n gesamentlike inisiatief met die Nasionale Vervolgingsgesag en is daar om kinders en volwassenes te help wat op enige manier mishandel is. Kontak die sentrum by 018 465 2828 gedurende kantoorure of 072 243 6689 na-ure.