Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Waldie Volschenk van Noordwes Koerante se Rustenburgkantoor hier by ‘n reuse-makataan wat die skaal gevaarlik naby aan die 33 kg laat sweet wat spesiaal uit Orkney vir hom aangestuur is met natuurlik ‘n langerige lysie bestellings vir makataan en makataan-fynkonfyt. Dié geskenk kom van Stoffel en Sonja Prinsloo van Orkney wat in Oktober/November verlede jaar Waldie se resep vir makataankonfyt in Noordwes Koerante se AgriPulse in Klerksdorp Rekord opgemerk het en vir hom ‘n handjievol makataanpitte gevra het. Die pitte is ‘n week later na ons Klerksdorpkantoor gestuur waar die Prinsloos dit afgehaal en geplant het net om enkele maande later deur hierdie knewel verras te word. “Ons het nog nooit so ‘n groot makataan gesien nie en het gevoel dat dit die regte ding sou wees om hierdie ou grote vir Waldie in Rustenburg te stuur,’’ het die Prinsloos laat weet. Waldie sê hy gaan nou maar ‘n land suikerriet moet aanplant sodat hy genoeg suiker kan oes om reg aan hierdie knewel te laat geskied.