Klerksdorpers het die geleentheid gehad om ‘n boekbekendstelling by Booqshelv by te woon. Skrywers Stefaans Coetzee en Cliffordene Norton het gesels oor hul jongste boeke. Salomé Kotzé, Klerksdorp Rekord se redakteur, het die gesprek gelei. Stefaans was een van die samestellers van die kortverhaalbundel, Sewe keer Sondig en Cliffordene se tweede jeugboek, Ek sal vir jou veg het pas verskyn. Hier gesels die twee met Sandy Schoeman wat die boekbekendstelling bygewoon het.
Skrywers gesels oor boeke
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode










