Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die stalletjiemark by die Pick n Pay Hipermark vier sy vyfde verjaardag en die organiseerders nooi almal uit om saam te kom fees vier. Die volgende mark vind op 27 September plaas. Volgens Tinus van Staden, organiseerder, is dit beslis die mark wat die langste bestaan in die omgewing.

“In die vyf jaar het baie markte gekom en gegaan, maar deur die ondersteuning van die uitstallers en die gemeenskap kon die mark staande bly,” sê hy.

Die hoogtepunt van die verjaardagvieringe sal tussen 11:00 en 12:00 plaasvind wanneer die publiek bederf sal word met ‘n gratis kolwyntjie en die uitstallers met ‘n sny koek.

Daar behoort ‘n jolige atmosfeer by die stalletjiemark te wees met die Lede in Christus Kosh Gesinskerk wat ‘n potjiekoskompetisie by die mark aanbied met potvoorbereiding vanaf 08:00 tot 11:00 en beoordeling is vanaf 11:15 tot 12:15. Die inskrywingsfooi is R200 per pot en potjiekos word van 12:30 verkoop teen R50 per bord.

Daar is vier pryse om te wen: vir die beste tafeltema en eerste, tweede en derde prys vir die potwenners.

Inskrywings en navrae oor die potjiekoskompetisie kan gedoen word by Sonja Snyman, 079 517 6841.

Daar is nog stalletjiestaanplek beskikbaar teen R120. Tinus hanteer die besprekings by 083 294 8077.