Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die saak teen ‘n ouma van Stilfontein en haar kêrel in verband met die dood van haar tweejarige kleinseun, is hier in die landdroshof tot more (Dinsdag 20 Mei) uitgestel. Die twee is op Vrydag 16 Mei in hegtenis geneem nadat klein Kalvin van Niewenhuisen dood in hul slaapkamer gekry is. Skokgolwe het verlede week deur Stilfontein getrek nadat die omstandighede bekend geword het rakende die kind se dood. Die seuntjie se liggaam is sonder klere onder ‘n kombers in sy ouma se slaapkamer aangetref. Hy het verskeie sigbare beserings aan sy gesig gehad. ‘n Lykskouing sal die oorsaak van sy dood bepaal.

Die kind se ma (21) woon ook in die huis wat in die buurt bekend is as ‘n dwelmnes. Verskeie vertrekke in die huis word aan mense uitverhuur. Klerksdorp Midweek het verneem dat daar nog vroue met hul kinders daar woon. 

Die plek is in ‘n haglike toestand, het rdl Portia Burrell bevestig. Sy het gesê maatskaplike werkers van die Departement van Sosiale Ontwikkeling het al verskeie kere die adres besoek.

Die Departement het nog nêrens gereageer oor die aantygings teen hulle nie. Intussen het die nuus van die kind se dood soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei en word daar vingers gewys na maatskaplike werkers en die polisie wat nie ingegryp het om die kind se lewe te red nie.