Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Dit is November, dit is die feestyd en partytjietyd. Daarom bied Flamwood Walk ‘n opelugkonsert aan op Vrydag 17 November. En die beste van alles is, dit is gratis. Jay en Lianie May is die hoofkunstenaars en almal is welkom om saam te kom kuier.
Art teacher shapes young minds
Klerksdorp Midweek, Orkney - Rethabile Weevirs is a self-taught artist based in Orkney. She is an art teacher at the Giving Spring Foundation Learning Center and says she is dedicated to teaching art skills to the youth in Jouberton Ext 12 and Orkney. “My expertise lies in providing art and painting lessons to children aged between 4 and 16 within my local community.’’
Klerksdorpers neem Snowflake oor
Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - ‘n Groep plaaslike kunstenaars se uitstalling begin dié week by die Snowflake Gallery. Die tema van die uitstalling is Tuiskoms.
André Austin, Eljana Wiid, Madeleine Travers en Moira van Rooyen asook Marrak Potgieter van Potchefstroom sal uitstal
Stiefma, seun vermis
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Teen druktyd op Maandag 13 November was Charlene Lewis en haar 18-jarige stiefseun, Justice, amptelik steeds vermis.
Die twee het vroegoggend op Vrydag 11 November van hul huis naby Brakspruit in ‘n Toyota Land Cruiser met die registrasienommer 4x4 GIRL NW vertrek. Daar is glo kringtelevisievideo wat toon dat hulle in ‘n goeie bui was en nie onder vreemde omstandighede die erf verlaat het nie. Dit is nie seker waarheen hulle is en niemand van die familie weet waar hulle hul bevind nie.
Songloed-buurtwag nou toegerus om brande te bestry
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Talle brande het die afgelope tyd verwoesting gesaai in die noorde van die land. Die omgewing rondom Klerksdorp het ook nie vrygespring nie. Dít het die AfriForum-tak in Klerksdorp genoop om sy Songloed-buurtwag met ’n mobiele brandbestrydingseenheid toe te rus sodat dié buurtwag pro-aktief kan optree sou daar ’n brand uitbreek.