NOORDWESTER – LICHTENBURG - Daar is nood vir komberse, oud of nuut en handdoeke by die Dierewelsyn.
Die hokke is nie beskut teen die ysige winterweer nie. Die honde hokke is baie koud; beide buite en sementhokke. Elke donasie sal opreg waardeer word.
Knyp ‘n tydjie af en kyk of daar ongebruikte items is wat dierhartjies baie bly gaan maak. Die volunteers werk so hard om die diere te versorg en soos nou wanneer hulle koud slaap is dit baie hartseer. Kom ons help om hul warm te laat slaap hierdie winter. Gee jou donasie(s) af by NWK-keinhandel (daar is ‘n houer, sien foto) of by die Dierewelsyn.
Help ook asseblief om die twee pragtige honde met hulle eienaars te versoen. Kontaknommer by Dierewelsyn 071 313 9248.