Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Deelpanpad by die asgate eis weer sy soveelste tol as gevolg van dié massiewe slaggat, een van letterlik honderde slaggate op dié pad. 
 Groot skade is aangerig toe die skamel afgebreek en die kanttipper omgetiep het nadat dit die gat getref het; ’n Hele vrag mieliesemels daarmee heen. Wie betaal vir die skade? Die pad is onrybaar en elke rit is ‘n groot risiko vir menselewens en skade aan voertuie, bakkies, vragmotors, selfs trekkers. Daar is verskeie versoeke gerig aan Motheo, die kontrakteur wat die pad moet herstel, of net solank tydelik die gate op te vul.

Daar gebeur niks. ‘n Versoek dat boere self die gate opvul, val ook op dowe ore. Een van die subkontrakteure se verskonings is die leeglêers wat by die asgate rondlê, hulle wegjaag. 
Die pad word nou ‘n groot probleem vir almal wat dit moet gebruik. Dit is nie net die pad nie, inwoners gooi hulle vullis regs langs die pad doodeenvoudig uit. Nog voordat jy uit die dorpsgebied is, is dit reeds ‘n yslike, vuil, stinkende ashoop vir kilometers. Die munisipaliteit lewer met tye geen basiese dienste soos vullisverwydering nie. Waar gaan inwoners met die vullis heen? Nog ‘n moontlike rede waarom vullis net afgegooi word, is die mense wat so voor in die pad spring en jou wil sê waar om af te laai. Sommiges spring agter op die bakkies. En natuurlik soek hulle geld sou hulle doodeenvoudig vullis begin afgooi.
Dan is dit dieselfde mense wat nou en dan bande brand omdat hulle nie in diens geneem word nie. Die paar stukkies teer wat daar oor was, is nou ook weggebrand. En kan inwoners ook asseblief hulle kant bring en nie vullis enige plek langs die pad afgooi nie? Daar is nog, soort van, ‘n stortingsterrein verder aan op die pad. Dan sit daar ook baie mense op die hoek van Thabo Mbeki en Republiekstraat wat net doodeenvoudig op al wat ‘n sleepwa, bakkie en waentjie spring. Hulle wil dan kwansuis help aflaai en natuurlik verwag hulle geld daarvoor. As so ‘n persoon sou afval, seerkry of erger, kan die bestuurder van die voertuig nie aanspreeklik gehou word nie.
Vir tydelike noodbeheer maak boere die slaggate nou self reg, in hulle eie tyd, eie gereedskap en eie geld. In die dorp help Afriforum saam met Lichtenburg Teerprojek en hulle doen uitstekende werk.
Hier is dit ‘n geval van geld of donasies wat bepaal waar slaggate herstel word. Dele waar inwoners nie geld het nie, wat word van die strate se slaggate? En daar is baie, met baie slaggate. 
Ditsobotla Munisipaliteit,  doen asseblief iets aan die toestande in ons dorp.
Maak dit prioriteit, want dit is sleg, gevaarlik en die dorp is in ‘n krisis.