Terwyl die Eufeesdam vol is, is dit mooi om te sien. Tog groei die gras so hoog langs die pad dat motoriste hul kan misgis oor presies waar die pad is, siende dat daar uitgedraai moet word vir slaggate ook nog. Op die foto is die span wat op eie onkoste die lang gras gaan sny het en van die gate herstel het. Inwoners is baie dankbaar vir hierdie poging en spreek hulle opregte dank uit. Van links is Israel Bogosi, Daniël Moeng, Thabo Mooketsi, Theuns Rousseau (vulstasie), Lucas Moeng, Carlos Silva, Simon Mogotlha.