Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - -LICHTENBURG -  ʼn Groot deel van Lichtenburg is reeds meer as ʼn week lank sonder elektrisiteit – dieselfde deel wat in Oktober en November verlede jaar vir tot 30 dae lank óók sonder krag gelaat is toe die hoofsubstasie gebrand het.
Dit is grootliks Burgersdorp, Blydeville (uitbreidings 1 en 3), Sederpark, Nutrifeeds en Agrico wat geraak word.
Die jongste kragonderbreking volg nadat ʼn ondergrondse kabel tussen die hoofsubstasie en ʼn kleiner substasie in 12e Laan in Burgersdorp op 30 Januarie onklaar geraak het.

“Nadat Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit weereens geen plan kon maak om die probleem op te los nie, is daar ter elfder ure ‘n kontrakteur aangestel. Met die hulp van inwoners en met geskenkte materiaal, is daar die naweek onverpoosd gewerk om die kabel vanaf die hoofsubstasie na die substasie in 12e Laan  te herstel,” het Naudé Pienaar, sekretaris van die Ditsobotla Dienstevereniging, gesê. Dit blyk egter dat daar substandaard  werk tydens vorige herstelprosesse verrig is wat bykans onherstelbare skade aan die bestaande kabel berokken het. Hierdie bewyse, en ander feite, is op Maandag, 5 Februarie aan die provinsiale verteenwoordiger verantwoordelik vir Ditsobotla, uitgewys. “Tydens hierdie vergadering het dit  weer duidelik geword dat daar min skakeling tussen die plaaslike munisipaliteit en provinsiale verteenwoordigers is en dat amptenare tans geen plan het om hierdie krisis aan te spreek nie. Wat nog meer kommerwekkend is, is die feit dat daar ook geen fondse beskikbaar is om herstelwerk te doen nie,” het Naudé bygevoeg. Die uitkoms van die vergadering was dat die provinsiale verteenwoordiger onderneem het om die bestuur van die Ditsobotla Dienstevereniging (DDV) dringend in direkte kontak te bring met verteenwoordigers van die nasionale tesourie om die DDV se voorstelle en die befondsing daarvan te bespreek.
Die DDV bedank almal wat reeds by die DDV aangesluit het. Te midde van groot, frustrerende uitdagings, sal die DDV volhou met sy pogings om ‘n beter toekoms vir ons dorp te vind.  Die DDV nooi almal wat vrae het, voorstelle wil maak en sommer net duidelikheid oor sake wil kry, na ‘n vraag-en-antwoord sessie op Maandag, 12 Februarie, om 18:00 by NWK se opleidingsentrum.