Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Tydens die afgelope Saterdag se Kankertees was die oggend- en aandfunksie geseën met vol sale. 
Lichtenburgers maak steeds harte en hande oop vir ons Kankerkliniek waar soveel liefdeswerk gedoen word. Juan Boucher (gaskunstenaar), Carli Bester (modeperade-organiseerder), die mannekyne en gasvrouens het hulself oortref. 

Thea van Rooyen het die verrigtinge treffend geopen met die tema ‘God maak ons lewe nuut’ en sy het die lyn deurgetrek na die daaglikse lewe deur die gaste te vergelyk met flaminke.
 Aan die spits van die dag se puik organisering was Hannelie Nel en Alicia van Graan. Dankie aan elke helper en gas wat die dag besondere kleur gegee het. Mag die Kankerkliniek steeds van krag tot krag gaan.