Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg Distriks Landbou Unie het ‘n insiggewende vergadering op 1 Oktober by NWK se Opleidingsentrum gehou. 
Dr Anton Kleingeld het die opening behartig met die boodskap dat mens nie moet omkyk nie, dit is elkeen se keuse om ten spyte van alles elke dag te volhard en die lewenswedloop te voltooi. Dit verg toewyding, vasbyt, uithou, volhou en deurdruk. 

Dr Pieter Groenewald (minister van Korrektiewe Dienste) het ‘n paar brandpunte aangeraak soos grondonteiening en -verdeling sonder vergoeding, werkloosheid en korrektiewe dienste. Deurlopend in sy praatjie verwys hy telkens na die boeregemeenskap en vra dat hul deel van veiligheidsgroepe moet wees. Hy sluit af met die woorde “Daar is altyd hoop”.
Daarna het Migal Groenewald aan die lede verduidelik hoe die Nasionale Ingryping by Ditsobotla Munisipaiteit werk. Hy sê die sukses van Suid-Afrika sal afhang van hierdie poging tot ingryping in Lichtenburg. Indien dit werk, kan dit vertak en ander, groot veranderinge teweeg bring. Dit is egter ‘n lang proses. 
Hy het ook genoem dat  boere op datum moet bly met erfbelasting, of die nodige stelsels in plek is - al dan nie. Tans word daar aan kunsmatige intelligensie (KI)-prosesse gewerk wat stelsels makliker sal laat werk, maar alles sal tyd neem.
Advokaat Kees Gouws, wat nou saamwerk met die Departement van Indiensneming en Arbeid, het gepraat oor arbeidinspeksies wat hoogty vier in Noordwes. Hy het boere aangeraai om gereed te wees vir ongeskeduleerde besoeke deur die departement en om uit te vind wat op elke plaas moet wees tydens só ‘n inspeksie. 
 Almal wat deel gehad het aan die dag se reëlings en besprekings, word opreg bedank.