Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Op 19 Oktober by SAPD se Provinsiale Hoofkantoor in Potchefstroom is ‘n veiliger feesseisoenoperasie geaktiveer.
LUR Selle Lehari het tydens sy onlangse besoek aan Lichtenburg  gesê dat Noordwes nie verdraagsaam sal wees teenoor enige oortredings nie; hy het beloof dat dit  behoorlik hanteer sal word en met enige verkeerde stap, sal die oortreder homself/haarself  teen die volle mag van die wet vasloop.

Terwyl die feestyd op hande is, berei die misdadigers ook hul planne voor om Suid-Afrikaners leed aan te doen en hul besittings te steel. 
Die SAPD het begin met wetstoepassingsoperasies wat reeds begin vrugte afwerp. 
In die Tweede Kwartaal Misdaadstatistiek is daar ‘n paar gebiede waar misdaad afgeneem het, maar in ander afdelings het misdrywe gestyg. Die statistieke wat aangebied is, is deur die Suid-Afrikaanse Polisie vir die tydperk tussen Julie en September 2023. 
Daar is ‘n jaar-tot-jaar toename in moord, seksuele misdrywe, aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Hierdie statistieke word bekendgestel terwyl die land die 16 Dae van Aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders loots.