Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Na jare se gesukkel en gespartel, moedeloosheid, frustrasie en algehele ineenstorting van dienslewering van die Ditsobotla Munisipaliteit, is daar nou eindelik ‘n positiewe wending omdat die nasionale regering gaan ingryp. 
Dit is nadat die DA, Sakeliga en VF+ nie moed opgegee het nie en aanhou baklei het vir ‘n regruk-aksie. Ondanks provinsiale ingryping het probleme net erger geword en die ANC binnegevegte voortgewoed.

Die plaaslike ekonomie het in duie gestort, die dorp het gekwyn en mense het weggetrek uit hierdie onuithoubare situasie. 
Die huidige raad en ampsdraers bly in hulle poste, maar sal geen uitvoerende magte hê nie. 
Dankie aan die rolspelers wat nie ophou werk nie, en probeer verseker dat inwoners weer kan glimlag. Hou gerus die Noordwester dop vir verdere verwikkelinge.