Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER -LICHTENBURG – Vir die afgelope 10 jaar reik verskeie rolspelers in Lichtenburg uit na die inwoners van Bakerville. 
Hierdie jaar is dit weer so. Op Saterdag, 23 Desember vanaf 12:00 is die jaarlikse Kersete en uitdeel van broodnodige kospakkies.
Hiermee doen ons ‘n beroep op ons gemeenskap om hand uit te steek en te help. Help ons met bederfies vir die gesinne soos koekies, lekkers, skyfies, kitspoedings ens.

Daar word ook nie-bederfbare voedsel, groente en vleis ingesamel. Ons neem graag klere wat nie meer gedra word nie.
In ‘n poging om fondse te in, is daar ‘n fondsinsameling waar pryse gewen kan word. ‘n Kaartjie beloop R50. Kontak Elsa vir meer inligting.
Bakervillebediening het sy eie bankrekening wat deur drie persone vanuit verskille denominasies in Lichtenburg bestuur word. Hierdie persone het ook geen direkte belang in Bakerville behalwe ‘n hart om die mense daar op te hef. 
Die bankbesonderhede vir kontant donasies:Bakerville Bediening, FNB, Tjekrekening, Lichtenburgtak, Reknr: 6249295540. 
Vir navrae skakel Anton – 0847580436 -  Doreen -  0836313041 of Elsa - 0763884920.