Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Kolonel Willem Bekeer bevestig dat Lichtenburg SAPD, K9 Mahikeng TRT, Mahikeng POP, Ditsobotla Plaaslike Verkeer, Plaaswag en Gemeenskap in blou op Woensdag, 24 Januarie ‘n gesamentlike operasie uitgevoer het ter herinnering aan die verkeersbeampte en kollega Khumo Gabriel Kalebe wat op 4 Januarie oorlede is.
Hy is op 13 Januarie ter ruste gelê. Die operasie het om 06:00 afgeskop. Twee spanne het gelyktydig twee gebiede gemonitor.

Die verkeer en ‘n gedeelte van Polisiebeamtes het die Lichtenburg area gedek. ‘n Bedrag van R26 100 aan boetes is uitgeskryf en een smokkelkroeg eienaar is gearresteer. 
 Die Ander span het uit die Flexi groep, TRT, K9, POP Patrollie span en Gemeenskap in blou en ‘n Helikopter bestaan. Die Rietvlei, Grootpan en Groot Marico area is gedek. Die span het daarin geslag om twee ongedokumenteerde persone, een verkragter en nog een smokkelkroeg eienaar te arresteer. 
Veediefstal en onwettige jag bly ‘n groot probleem in die area. Kolonel Bekeer bedank alle lede wat betrokke was, veral die Rietvlei gemeenskap en die gemeenskapslid wat sy helikopter vrywilliglik aan Kolonel Bekeer afgestaan het vir die operasie. Eenheid maak mag.