Na heerlike reën wat geval het, was dit baie lekker toe die son wel sy kop uitgesteek het. Vinnig het die personeel en kinders by Emrike Leersentrum van die sonstrale gebruik gemaak en ‘n heerlike “sportdag” gehou ter afsluiting van outismemaand. Dit het groot byval gevind by ieder en elk. Dankie aan die toegewyde personeelkorps wat soveel omgee vir elke leerder by Emrike Leersentrum.