Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – COLIGNY - Hannes-Walt de Klerk is ‘n uitsonderlike man, wat  skitterend presteer in sport die afgelope 19 jaar. Hy besoek en neem deel in verskeie lande, insluitend ‘n onlangse draai in Antalaya in Turkye. 
Hier het 33 lande se Down Syndroom atlete deelgeneem aan die wêreldkampioenskappe. Sy spanbestuurder sê die kompetisie was baie sterk en kompeterend. 
Sy oefenprogram tot die voorbereiding vir die kampioenskappe was druk en Hugo en Heino Lamprechts van Coligny het hom vir drie maande bygestaan hierin, waarvoor hy baie dankbaar is.

Hannes-Walt het aan vier items deelgeneem, getriomfeer en met vier medaljes huis toe te kom. Hy het goud in spiesgooi en silwer in beide 800m stap en diskus ingepalm, asook brons in gewigstoot. ‘n  Foto van Hannes-Walt in aksie was op die voorblad van ‘n koerant in Antalaya. Dit wil gedoen wees! Nou roep Hannes-Walt sy internasionale sportloopbaan halt en sluit af op ‘n hoë noot. Hy bring graag hulde aan almal wat hom deur hierdie 19 jaar ondersteun en gedra het.
Die Noordwester en sy lesers salueer hom, en die gemeenskap is só trots op hom! 
Hy is ‘n voorbeeld vir ieder en elk regoor die wêreld.   Ons wens hom ‘n rustiger lewe saam met sy geliefdes toe en meer tyd om die  dinge te doen wat hom gelukkig en verduld maak.