Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Dit is vanjaar die 20ste keer wat George die Outeniqua ‘Chair Challenge’ (OCC) op 24 Februarie aanbied – en steeds moet baie plaaslike burgers daaraan herinner word dat hierdie kompetisie, wat beide kompeterende en pretlopies insluit, nie net rolstoele betrek nie. 

Nog daarby waarborg dit ‘n onvergeetlike ervaring vir almal wat betrokke is. “Die twee kategorieë in ons mededingende afdeling is oop vir kwadruplegiese en paraplegiese atlete, en subkategorieë maak voorsiening vir mededingers afhangende van die tipe stoel wat gebruik word,” verduidelik organiseerder Alewijn Dippenaar. Dit sluit onder andere resiesstoele, handfietse en basketbalstoele in. Dit is dus geen wonder dat dele van George vir etlike ure op OCC-dag elke Februarie tot stilstand kom nie, met ‘n uitgebreide baan wat beteken dat strate afgekamp is vir die hoogskompeterende jaers op die 42.2 km-roete, waarvan ‘n deel gebruik word vir die 21.1km en 10km wedrenne. Daar is ook ‘n 5km pretresies vir deelnemers in rolstoele wat deur ‘n verskeidenheid van helpers gestoot word. En onder deelnemers in alle kategorieë sal daar ‘n kleurvolle mengsel wees van nie net Suid-Afrikaners van elke uithoek van die land nie, maar ook burgers van Namibië, Ghana, Zimbabwe, Nigerië en Botswana. OCC 2024 vind op Saterdag, 24 Februarie by Carpe Diem Skool plaas, maar die perseel sal vanaf Vrydag die 23ste tussen 11:00 en 18:00 reeds bedrywig wees, wanneer skares deelnemers opdaag vir registrasie. “Vrydagaand om 18:00 bied ons oudergewoonte die amptelike openingseremonie vir deelnemers aan, en teen Saterdagoggend spring die eerste ryers om 7:00 weg,” sê Dippenaar. Sodra alle mededingende wedrenne en pretresies  gedaan is, sluit ‘n prysuitdeling die verrigtinge Saterdag teen middagete af – en almal word uitgenooi om dit saam te kom geniet. “Lede van die publiek is baie welkom om die Vrydagaand en Saterdagoggend gratis by ons aan te sluit.” Hy herinner dat daar kosstalletjies vir toeskouers beskikbaar sal wees, en baie verskillende maniere om betrokke te raak. “Soos in vorige jare is daar ‘n spesiale kategorie vir besighede, wat elk hulle eie kaskar kry wat deur lede van hul span aangedryf word.” As jy dus wil skouerskuur met renlegendes soos OCC24-ster Pieter du Preez, wat goud in die 2020 Paralimpiese Spele in Japan verower het, en die eerste kwadrupleeg op die planeet was om ‘n volle Ironman te voltooi, kontak vir Alewijn Dippenaar by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 082 457 5675. Vir bykomende inligting, kontak asseblief vir Shaun Butler, voorsitter van die Gestremde Padrenstigting, by 083 701 8387.