Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-KURUMAN: Hoë vlakke van E. coli en koliforme bakterieë is in watermonsters gevind wat vanuit Die Oog en die Kurumanrivier geneem is. 
Die AfriForum-tak in Kuruman het onlangs watermonsters geneem nadat talle klagtes van gemeenskapslede ontvang is oor die waterkwaliteit van Kuruman se boorgat, die Kurumanrivier en Die Oog. 

Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, het op 20 Maart drie watermonsters op dié verskillende plekke in Kuruman geneem. Spangenberg Laboratoriumdienste het die watermonsters ontleed en bevestig dat Die Oog en die Kurumanrivier se water met riool besoedel is vanweë die hoë vlakke E. coli en koliforme bakterieë in die water. 
Die watermonsters wat vanuit die Kuruman-boorgat – sowat 2 km van Die Oog af – geneem is, is skoon. Kuruman se rioolwerke is nie op standaard nie en daar is weekliks probleme met rioolpompstasies wat nie reg funksioneer nie. Gevolglik vloei die riool dan uit die pompstasies reguit in die pad af na die laagste punt toe en reguit in die Kurumanrivier in. Volgens Strauss hou die besmette water egter ’n risiko in vir die ekosisteem en diere wat hierdie water drink. 
“Die Kurumanrivier vloei uit Die Oog, wat ’n natuurlike fontein is, en die rivier vloei deur die dorp. Daar waar die watermonster geneem is, is kleinhoewes en plase met bokke, skape en beeste wat hierdie water drink.” “Daar lê ’n groot verantwoordelikheid op ons as mens om die rioolprobleme vir ons natuur, diere en waterbronne te herstel. AfriForum sal aanhou druk toepas totdat die probleme uitgesorteer is,” sluit Strauss af.