Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die nuwe Mompati Mall in Vryburg is ‘n lushof van inkopiegenot vir plaaslike inwoners en besoekers. Misdadigers geniet ook die geleenthede wat beskikbaar is wanneer motors, gelaai met waardevolle besittings, onbeman gelaat word.

Die teenwoordigheid van karwagte in strate en by inkopiesentrums in Vryburg, Noordwes Provinsie en selfs in ander provinsies, is ‘n daaglikse tendens. Drie betroubare en getroue karwagte sorg vir ‘n sorgelose inkopie ervaring by Mompati Mall deur motors op te pas en selfs te was (indien eienaars sou versoek) terwyl eienaars besigheid doen. Casty Ramapulane, Tessa Peters en Jan Kolberg verdien geen salaris van Mompati Mall nie en is bloot afhanklik van fooitjies vir die motors wat hulle oppas en dalk kan was (emmers met water word gebruik). Volgens Peters gee motoriste vir die trollie operateurs van winkels ‘n fooitjie (wat ‘n salaris verdien), en laat dan na om die karwag te vergoed vir hulle onbaatsugte diens.