Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
07
Thu, Nov

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-HARTSWATER: Die Taung polisie ondersoek ‘n geregtelike doodsondersoek, nadat die liggaam van 13-jarige Kutlwano Sehemo, Donderdag, 17 Oktober om ongeveer 13:00 deur polisieduikers in die Maphoitsile waterkanaal by Taung gevind is. 

Sy dood volg nadat hy en ‘n maat, Dinsdag, 15 Oktober in die waterkanaal in Hartswater gaan swem het. Volgens Marieta van Staden, die GPF voorsitter van Hartswater, was die kanaal baie vol en die stroom was sterk toe die kinders geswem het. Volgens van Staden, het Sehemo gespartel in die water en sy maat het hom probeer help. Weens die sterk stroom kon hy nie help nie en het Sehemo onder die water verdwyn. Gemeenskapslede op die wal van die kanaal was, was in staat om die een kind uit die water te red.
 Die polisieduikers het later die middag opgedaag, maar weens die sterk waterstroom in die kanaal, kon hulle nie ingaan om met die soektog na Sehemo te begin nie. Meer polisieduikers het die volgende dag die toneel besoek in ‘n poging om die liggaamvan Sehemo te vind. Adjunkminister van water en sanitasie Sello Seitlholo het Saterdag, 19 Oktober ‘n terreininspeksie by die Vaalharts Hoofkanaal in Hartswater gedoen. Adjunkminister Seitlholo het ook die familie van Sehemo in Bonita Park, Hartswater besoek en ook vergader met Vaalharts Water Verbruikers Assosiasie en die burgemeester van Phokwane Plaaslike Munisipaliteit, Willem Harmse. Volgens Raadslid Harmse, het die Minister tydens sy besoek, kom kyk na opsies om die kanaal te omhein. Harmse hete bevestig dat Vaalharts Water ook nou met lewensredders programme gaan begin, om mense wat naby die kanaal te bly, op te lei om reddingspogings uit te voer. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het ook die familie van die seun besoek en kospakkies afgelewer.
 Raadslid Harmse is besonder bekommerd oor die oop waterkanaal. Hy sê dit raak Desember baie warm en kinders gebruik die gevaarlike kanaal om in te swem, omdat Hartswater het nie meer ‘n publieke swembad het nie. Hy doen ‘n ernstige beroep op ouers van kinders en die gemeenskap, om die reëls te eerbiedig en nie in die kanaal te swem nie, sodat verdere lewensverliese vermy kan word.