Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
01
Wed, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-CHRISTIANA: ‘n 54-jarige Carel Jacobus Van Heerden sal na verwagting weer op Woensdag, 15 Mei in die Christiana-landdroshof verskyn nadat borgtog van R1000 toegestaan is. 
Van Heerden het Donderdag, 4 April aanvanklik in die hof verskyn vir die onwettige besit van vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die besit van tuisgemaakte vuurwapens. 
Van Heerden het in die hof verskyn ná sy arrestasie op Woensdag, 3 April, nadat die polisie ‘n vuurwapen, ammunisie en tuisgemaakte vuurwapens by sy woning gevind is. 
Berigte dui daarop dat lede van Christiana Sigbare Polisiëring en Vryburg K9-eenheid inligting wat ontvang het dat die beskuldigde vuurwapens by sy woning gehad het. Na die soektog is ammunisie in ‘n gat naby die kraal gevind. 

‘n Verdere soektog binne die huis het gelei tot die ontdekking van ‘n geweer, tuisgemaakte vuurwapens en ammunisie. Die beskuldigde is gevolglik gearresteer nadat hy versuim het om vir die besit rekenskap te gee. 
Daar is ook deur sirkulasie vasgestel dat die geweer aan wyle Barend Lambertus Crous van Stellenbosch, Wes-Kaap, behoort.