Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-SCHWEIZER-RENEKE: In ‘n poging om ontslae te raak van dwelms in gemeenskappe, het die polisie en misdaadintelligensie in Schweizer-Reneke, twee verdagtes met ongeveer 25 kg dagga op Donderdag, 15 Februarie vasgetrek.
 Berigte dui daarop dat die polisie inligting ontvang dat ‘n Nissan-voertuig op die N12-pad tussen Klerksdorp en Schweizer-Reneke dwelms vervoer het. Die verdagte voertuig is opgemerk en gestop. 

Na die soektog is altesaam 25 kg dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R100 000 in die voertuig gevind wat tot die inhegtenisneming van die twee gelei het. Thabang George Molefe en Thandazile Ndlovu, albei 24-jariges, het op Vrydag, 16 Februarie in die Schweizer-Reneke landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dagga. 
Molefe is borgtog van R1 000 toegestaan, terwyl Ndlovu in aanhouding bly. Hulle sal albei weer op Maandag, 19 Februarie voor dieselfde hof verskyn.