Vier uitblinkers van Hoërskool Vryburg is gekies om Noordwes te verteenwoordig by die SA Atletiekkampioenskappe wat van 3 tot 5 April in Bloemfontein plaasvind.
Die atlete wat hierdie prestasie behaal het, is: Keelan Tietus (seuns o/17) – 400m en 400m-Hekkies, Ané Putter (meisies o/17) – Gewigstoot en hammergooi, Kutlo Kgwadi (seuns o/15) – 3000m en Rogene Ward (seuns o/17) – 800m. Die skool en gemeenskap is trots op hierdie talentvolle atlete en wens hulle sterkte toe vir die kampioenskappe.
Vier uitblinkers van Hoërskool Vryburg is gekies om Noordwes te verteenwoordig by die SA Atletiekkampioenskappe wat van 3 tot 5 April in Bloemfontein plaasvind.







