Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
05
Sun, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-WOLMARANSSTAD: Dr Elsje van Niekerk van Potchefstroom het op Woensdadg, 17 April Houmoed VLU in Wolmaransstad besoek en hulle ingelig oor die behandeling van kroniese siektes. 

“As jy 5% van jou liggaamsmassa verloor kan dit jou help met jou bloeddruk, diabetes, arthritis, slaap apnea ens. Het jy geweet deur gewig te verloor kan dit jou help om minder of selfs glad nie meer te snork nie. Snork is gevaarlik, want jou hart word versteur en kry nie genoeg suurstof nie,” het van Niekerk gesels. Mense glo dat as jy minder eet gaan jy gewig verloor. Dit is soos ‘n wipplank as jy minder eet verloor jy gewig maar wat hulle nie besef nie is die steunpilaar wat die wipplank balanseer het ‘n groot invloed op die gewigverloor proses. Dit word hormone genoem. “Jou hormone het ‘n groot invloed op jou gewig. Jy moet na die volgende kyk as jy gewig wil verloor: *Genetiese afwykings; *Psigologiese komponente; *Sosiale komponente en *Dieet,” sê van Niekerk. Sy noem verder dat dit die eerste ding is waaraan jy moet werk wanneer jy eet, en daarna kyk jy wat jy eet. Om 8 000 tree ‘n dag te gee is ‘n begin in die regte rigting. Van Niekerk sluit af deur by te voeg dat jou verandering volhoubaar moet wees; dit help nie jy eet ‘n week lank appels om gewig te verloor nie - jy kan tog nie die res van jou lewe van appels lewe nie. Corna Kamffer het daarna vir elke vrou ‘n stukkie Lemovarbina gegee. Die geur daarvan kalmeer jou net daar en dan. Sy het ook meer vertel oor kruie uit die natuur en dat daar soveel is om van te kies en keur. Sy het die volgende gedagte gelaat: “Alles verander altyd. Ja, alles verander altyd - net God se liefde bly dieselfde. Nes die kruie wat Hy gemaak het.”