Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
18
Thu, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die Vroue Landbouvereniging (VLV) in Vryburg het onlangs hul dank en waardering betoon aan Nellie Viljoen, wat sedert 2001 die tak se bemarker was en boonop vir 15 jaar lank ook as bemarker van Sirkel Kalahari gedien het. 
Met die oorhandiging van ’n geskenk is hul erkentlikheid uitgespreek vir Nellie se onbaatsugtige diens en toewyding oor die jare. Sy het die oorgang beleef van kameras met films na digitale tegnologie en selfone, en vertel hoe die ontwikkeling van fakse en later e-pos die werk aansienlik vergemaklik het. “Reklame sou egter nie moontlik wees sonder die welwillendheid van die media nie,” het sy gesê.

In dié verband het die VLV ook hul dank uitgespreek teenoor Die Stellalander en sy personeel vir hul voortdurende ondersteuning. Hoewel Nellie haar rol as bemarker neergelê het, bly sy steeds ’n getroue lid en die taksekretaris van VLV Vryburg.