Rusoord Ouetehuis in Vryburg is ‘n nie-winsgewende organisasie wat fokus om ‘n veilige en huislike omgewing vir bejaardes te skep.
Kathu kry eerste noodwaterpunt
STELLALANDER-KATHU: Die AfriForum-tak in Kathu het op 12 Junie begin om sy eerste noodwaterpunt op dié dorp tot stand te bring.
Houmoed VLU leer met akriel skilder
Die vrouens van Houmoed VLU-tak in Wolmaransstad het op 19 Junie ‘n kunsklas bygewoon wat deur Steve Strauss van Schweizer Reneke aangebied is. Hy het hulle meer geleer oor hoe om met akriel verf te skilder. Die vrouens wat die klas bygewoon het, het dit vreeslik geniet en sien nou uit om deel te neem in die NWVLU-kompetisie van die jaar.
Condré Scholtz pronk in ‘Pronk Primêr’: Die wel en weë van ‘n laerskool en sy mense
STELLALANDER-STELLA: Welkom by Pronk Primêr, ’n laerskool in ’n klein dorpie, waar ’n wiskunde-onderwyseres, Ada, terugkeer na haar alma mater en waar van haar skoolvriende – Earl, Charl, Driena en Filip – ook onderwysers by die skool is. Hulle eertydse skoolhoof, Mnr. Welgehawe, is steeds in sy pos.
Vryburg VLV fokus op jeug
STELLALANDER-VRYBURG: In Jeugmaand fokus Vryburg VLV op die ontwikkeling van tieners.
Die doel van ouerskap is om ‘n volwassene groot te maak wat ‘n aanwins vir die gemeenskap sal wees. Puberteit begin al hoe vroeër, kinders word dus vinniger ryp maar word langer as kinders behandel. Dis ‘n reuse uitdaging om die ouer van ‘n tiener te wees.