Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Na meer as 1.8 miljoen trefslae op sosiale media platforms, is Wico Botha (7), ‘n graad-eentjie van Laerskool Brits geen vreemdeling nie, maar eerder ‘n reuse internet-sensasie na sy gewilde video waarin hy matrikulante sterkte vir die eindeksamen toewens.
Maar, dis nie al nie, dié video was so gewild dat hy (en sy ouers) deur die regisseur van die Afrikaans is Groot Musiekkonsert gekontak is.

Volgens Wico se ma, Monika Botha, het die regisseur haar gevra of Wico ‘n video sal maak waarin hy die reëls en regulasies aan die gehoor sal oordra. Dié video sal dan voor elke vertoning op ‘n grootskerm gebeeldsend word sodat die grootmense presies weet wat hulle tydens die vertoning mag en nie mag doen nie. 
“Die regisseur het aan ons ‘n lys van wat hy moet sê deurgestuur en met die hulp van Wico se gr.1-juffrou, Jolani du Preez, het ons dit aangepas sodat die feite op ‘n eg en unieke Wico-manier deurgegee kon word,” sê Monika. 
“Wico was natuurlik in die sewende hemel oor die geleentheid en het soos ‘n groot man sy kant gebring. Die video is gemaak en aan die organiseerders van Afrikaans is Groot deurgestuur. 
Hulle is baie beïndruk daarmee en ons sien met groot afwagting uit na Vrydagaand wanneer dié video vir die eerste keer, voor die eerste vertoning van die konsert in die SunBet-arena in Pretoria, gebeeldsend gaan word.”
Die spontane en baie bekkige Britsie se talent as spreker en redenaar is reeds vroeg die jaar deur juffrou Jolani raakgesien. Sy het hom aangemoedig om homself met drama uit te leef.
En vir die graad-eentjie wat nou eers in sy 11de maand in die “groot skool” is, het hy al talle groot mylpale as redenaar bereik. In sy ouderdomsgroep wen hy Laerskool Brits se interne redenaarskompetisie, hy ontvang ‘n derde plek by die nasionale rondte van die Artistatue Kultuurfees, in die nasionale rondte van die Radikale Redenaars was hy die wenner en met die PodiumPret se nasionale rondte, is hy as graad- en kategoriewenner aangewys en sy naam sal op ‘n plaatjie by die Taal Monument in die Paarl aangebring word.
Groot dinge kan nog van die klein meneertjie verwag word, want drama loop dwarsdeur sy are en Afrikaans is die polsslag!