BRITS POS – PARYS - Tientalle mense het die naweek een van die mees unieke “kampervarings” by die FAK se Udolpho Kultuurplaas in Parys beleef.
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke in die Vrystaat het ’n nuwe opelugmuseum in die vorm van ’n klein konsentrasiekamp opgerig om in Juniemaand bewusmaking te bring aan konsentrasiekampmaand en die belangrikheid van erfenisbewaring.
Groepe staan saam om misdaad te stuit
Lede van GPF Sektor 1, Brits en AfriForum Britstak het Maandagaand ‘n beplanningsvergadering vir die nasionale verkiesing en die dae daarna gehou, om die veiligheid van inwoners van Brits te verseker. ‘n Groot dankie aan elkeen van julle wat altyd daar is om ons by te staan, die meeste van julle in jul eie tyd en op eie onkoste. (Foto: Jozua Rossouw)
Police uphold the safety plight of learners
BRITS – OUKASIE – Police members in Bojanala-Sub District1(Brits) in partnership with the Community Police Forum (CPF) are continually embarking on a quest to create a safe and secure learning environment.
On Thursday, 16 May, Brits Social Crime Prevention, the District Communication officers and Community Police Forum held a boys manhood dialogue at Botlhabelo High School in Oukasie.
Jong skrywer deel haar hart met viervoetige vriende
BRITS POS – BRITS - Daar word gesê mens moenie jou talente onder ’n maatemmer versteek nie. As daar nou een mens is wat bewys het dat dié eeueoue waarheid water dra, is dit die 24-jarige Pretoriase skrywer en sommer nou ook filantroop, Anneke Langner!
Die veelsydige jong vrou se woorde verf nie net egalig oor ’n skilderdoek soos ’n kunstenaar se bekwame bestendige hand nie, sy verskuif grense in haar beskrywingsvermoë wat die jeug bladsy na bladsy vasgenael sal hou.
Kom toor met ‘n wynbottel
BRITS POS – BRITS – ‘n Baie interessante werkwinkel word volgende Donderdag, 16 Mei, by Floret Blommeklub aangebied en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Die tema is Displacement (verplasing) en twee van die lede, Sinie Otto en Lynn Moll gaan demonstreer hoe om ‘n ou wynbottel in ‘n prag-ontwerp te omskep.








