Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

BRITS POS – PRETORIA - Een van die dae hoef Noordwesters en Gautengers nie meer ver te ry vir ’n natuurervaring nie. Waar anders kan jy in die middel van Pretoria veilig tussen ’n trop swartwildebeeste stap?
Die Voortrekkermonument (VTM) is in die proses om sy natuuraanbod uit te brei. Deel van hierdie aanbod is om vyf staproetes te open vir die publiek, ’n splinternuwe natuurgids uit te gee en moontlik later ’n uitkykpunt te bou by die gwarriegat waar voëlkykers kan uitspan.
Drie van hierdie roetes is reeds uitgelê en groepe natuurliefhebbers het reeds die roetes gestap en die VTM het net goeie terugvoer ontvang.

Read more …Aitsa, kom stap saam by die Voortrekkermonument

On Tuesday, 19 March, Brits experienced major water shortages due to continuous problems at the Madibeng Water Works and Onalenna Day & Night Centre in Ludorf Street, Brits with toddlers and pre-primary learners was stuck without drinking water and water to flush the toilets. After the owner, Lydia Kgafela called the municipality and told them about the predicament, a water truck was sent to assist.

Read more …Madibeng to the rescue

BRITS POS – BRITS - Die versengende hitte wat ons nou al vir weke na ons asems laat snak, kan lewensgevaarlik wees indien ons nie op die simptome let en ons daarop toespits om onsself te beveilig nie.
Wat is die verskil tussen hitte-uitputting en sonsteek?
Onbehandelde hitte-uitputting kan oorgaan in sonsteek, wat lewensgevaarlik kan wees en selfs tot die dood kan lei indien die nodige behandeling nie gou en doeltreffend toegepas word nie.
Simptome van hitte-uitputting is uitermatige sweet, verward, duiselig en asemloos en kan ook borspyn en krampe meebring. Jy voel swak en jou polsslag is vinnig, jy kan naar voel en selfs vomeer.

Read more …Verskil tussen hitte-uitputting en sonsteek

BRITS POS – BRITS – Brits Rusoord-inwoners het Saterdag, 2 Maart besoek ontvang van Harties Biking Council (HBC) en daar is lekker gekuier.
Die inwoners is met worsbroodjies en iets te drinke bederf en almal het lekker saam gekuier.
Die HBC is n plaaslike instansie wat uit agt motorfiets klubs van Brits en Hartbeespoort bestaan. Hulle hou jaarliks ses byeenkomste om fondse vir liefdadigheid in te samel - die Ratcrawl,  Frozen butt, Tin4Tin, Lenterun, HBC 1000 en die Toyrun.

Read more …Harties Biking Council besoek Brits Rusoord

BRITS POS – BRITS – Die pragtige Britsie, Monique Best, was een van agt vroue landwyd wat vir die tweede seisoen van die gewilde VIA-reeks Houvrou of Trouvrou-program gekies is en algeheel derde geëindig het.
“Dis was ‘n wonderlike ervaring. Dit was 10 dae wat gevul was met emosies, humor en natuurlik die daaglikse en verrassende uitdagings,” vertel Monique. “Vandag se modern trouvrou se hande moet letterlik vir niks verkeerd staan nie en sy moet ‘n rolmodel én steunpilaar vir haar man en gesin kan wees.”

Read more …Monique beslis ‘n trouvrou

More Articles …