Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – ‘n Bekende sakeman van Brits, is in April 2023 op aanklagte van seksuele aanranding en blootstelling van kinders aan pornografie of die vertoning daarvan aan ‘n minderjarige dogter, wat na bewering in sy pleegsorg was, in hegtenis geneem.
Hy het onskuldig gepleit in die Brits Landdroshof, maar verskyn weer in Junie vanjaar in dieselfde hof.
Die man en sy vrou was as pleegouers by die CMR geregistreer en het na wat verneem is, nog dogters tussen die ouderdom van agt en 16 jaar in hul pleegsorg gehad.

Petro Fourie, bestuurder van CMR Brits, sê dat alle vereiste prosesse streng nagekom is om die pleegouers goed te keur, in ooreenstemming met die bepalings van die Kinderwet 38 van 2005. Hulle het aan al die nodige vereistes voldoen, insluitend:
’n SAPD-klaringsertifikaat (nie ouer as ses maande nie), bevestiging vanaf Vorm 30 (Kinderbeskermingsregister), positiewe mediese verslae en karaktergetuigskrifte, voltooiing van ’n erkende pleegsorgopleiding, ’n huisbesoek en psigo-sosiale assesseringsverslag deur ’n gekwalifiseerde maatskaplike werker en die finale goedkeuring deur die Kinderhof onder regstoesig. “Binne ure nadat die aantygings van molestering aan die lig gekom het, is alle kinders onmiddellik uit die egpaar se sorg verwyder. Trauma-ingeligte ondersteuning en terapeutiese dienste is daarna aan die kinders gelewer.”