Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – HARTBEESPOORT – Die oggend van Dinsdag, 30 Januarie 2024 is nog ‘n sebramerrie dood gevind op dieselfde eiendom waaroor Brits Pos in die uitgawe van 26 Januarie berig het.
“Hierdie merrie was vermoedelik Maandagnag in altesaam drie strikke gevang.”
Die plaaseienaars het alreeds met die SAPD se veediefstaleenheid in Jericho, buite Brits, in verbinding getree vir raad om ‘n onhoudbare situasie te bowe te kom.

Dit sluit ‘n verdere klag by die Hartbeespoortdam-polisiestasie in, en voortaan sal daaglikse inspeksie van alle omheinings op die spesifieke plaas gedoen moet word en op die langer termyn, installering van gesofistikeerde infrarooi-kameratoerusting wat nagtelike bewegings van dié booswigte kan optel vir identifikasiedoeleindes. 
“Die omheinings is wildwerend, maar ongelukkig nie menswerend nie.”
Hoe lank wild- en veeboere staande sal kan bly teen die oormag wat verantwoordelik is vir uitroei van die diere, laat ‘n mens met woede, want die aankoop, versorging en beveiliging van wild en vee en soveel te meer nog in die Magaliesberg Biosfeer, is ondenkbaar. (Foto’s verskaf)