Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – SANDDRIFT – In die vroeë oggendure, Saterdag, 29 Junie het vyf aanvallers by ‘n plaashuis in Sanddrift toegang tot die huis gekry en Peet (63) en Olga (61) Ehlers wreedaardig aangeval.
Olga vertel dat sy en haar man in verskillende kamers geslaap het, nadat sy ‘n knievervangingsoperasie ondergaan het.
“Ek het wakker geskrik toe die lig in my kamer aangaan en omdat ek met my rug na die deur gelê het, het ek vir Peet gevra of daar fout is.

Toe ek omdraai was twee mans reeds langs die bed, een met ‘n hamer gewapen en nog een wat by die kamer se deur was.

“Ek het die duvet oor my kop getrek en begin skreeu. Die duvet is van my afgehaal en ek is beveel: “Keep quiet!” Ek het gepleit dat hulle my nie moet seermaak nie en die wond aan my been gewys. Daarna het hulle duct tape om my kop, van my voorkop tot onder my ken gedraai en my bly klap en my hande met ‘n kabelbinder vasgebind. Hulle het geld en wapens geëis en ook gesê dat hulle die strykyster aangesit het en my sal brand as ek nie my samewerking gee nie.
“Daarna het hulle ‘n vuurwapen en die kontant wat in die huis was gevat, nadat hulle die huis behoorlik omgekeer het. Hulle is weg na hulle al die ligte afgeskakel het.
“Ek het in pikdonkerte oor al die goed wat in die kamer uitgegooi is, na die die kamer waar my man was gestrompel en uiteindelik daarin geslaag om die lig aan te skakel. Daar het ek my man vasgebind gekry met ernstige beserings. Hulle het hom geskop en twee van sy ribbes gebreek en ook sy erg misvormde jighande beseer.
“Gelukkig kon ek sy hande loskry en so het ons mekaar gehelp om van kleefband en kabelbinders vry te kom, waarna ons op ons gemeenskapsgroep alarm gemaak het.
“Teen die tyd wat ons by my seun se huis aangekom het, het hulp van oral opgedaag, waarvoor ons in ewigheid dankbaar sal bly,”sluit Olga af.
Dit gaan beter met haar en Peet en ons plaas graag hulle bedanking.
Olga het gesê sy sal later, in retrospeksie vertel “presies wát in die sisteem hulle gefaal het. (Foto’s verskaf)