Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Alle troeteldiere moet teen hitte-uitputting beskerm word, veral tans met die voortdurende hittegolf wat ons beleef.
Honderasse wat ‘n hoër risiko het om vinnig weens hitte-uitputting te sterf, is rasse met kort snoete, ou of jong diere en diere met dik en lang pelse.
Diere-eienaars word gewaarsku om die tyd wat diere buite in die son spandeer, te beperk en hulle liefs soggens vroeg buitemuurs te laat baljaar.

Hou ook in gedagte dat strate en sypaadjies vuurwarm is, selfs ure na sonsondergang.
Sorg ook dat jou troeteldier altyd toegang tot vars drinkwater het. Jy kan dit selfs afkoel deur ‘n bottel water wat gevries is, in die waterdrinkbak te plaas.
‘n Nat handdoek waarop hulle kan lê, help ook om hulle af te koel of hulle kan liggies onder lopende water met ‘n tuinslag afgespuit word.
Tekens van hitte-uitputting is:
*’n gehyg na asem of oormatige gekwyl
*lusteloosheid, struikelval en ineenstorting – neem dadelik na ‘n veaarts vir behandeling, want wanneer jy dié simptome opmerk, kan dit reeds te laat wees vir ons dierekinders.