Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - TLU SA versoek Suid-Afrikaners nou om ons boere in droogtegeteisterde areas te ondersteun met ‘n bydrae aan TLU SA se Traumafonds.
In die hartjie van die droogte staar ons boere ‘n opdraande stryd in die gesig om hul diere te voer. “Ons het dusver nog nie ‘n druppel reën in die Koedoesrand omgewing gehad nie. Daar is nie ‘n grassie in sig nie,” sê Danie Prins, TLU SA Noord-streekbestuurder. 

Verbeel jou dat jy ‘n vyfde generasie boer is wat moet toesien hoe jou diere een vir een neersak. Dis ‘n fisiese pyn wat jou laat krul. Die emosie wat boere ervaar wanneer hulle diere vrek is egter nie die enigste impak van droogte nie. 
Daar is ook die skuldlas wat gepaard gaan met die voortdurende aankoop van voer vir hul diere - ‘n las wat deurentyd meer word. Sommige boere besluit om eerder hul brandmaer diere te slag omdat hulle nie die diere wil sien ly nie.
Droogte raak egter nie net ons boere nie. Dit raak plaaswerkers, families, gemeenskappe, die bedryf, en voedselsekerheid. Dit raak die hele Suid-Afrika. 
 “Landbou in Suid-Afrika het ‘n sterk geskiedenis wat deur die sukses van familieboerderye gedryf is. Dit is hierdie boerderye wat vandag nog vir die landbousektor se enorme bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) sorg. Dit is ook hierdie kommersiële boerderye wat verseker dat daar steeds kos op verbruikers se tafels is,” sê Bennie van Zyl, TLU SA-hoofbestuurder. 
TLU SA doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om ons land se boere te ondersteun en ‘n finansiële bydrae te maak aan TLU SA se Traumafonds. 
TLU SA se Traumafonds is veeldoelig en word soos volg aangewend: 
•Verskaffing van bystand aan kommersiële boere in droogtegeteisterde streke;
• Beradingsdienste aan slagoffers en naasbestaandes van geweldsmisdade op plase en landbouhoewes;
•Noodleniging in kritiese en uitsonderlike gevalle waar die broodwinner gesterf het of gehospitaliseer is en daar geen ander geredelike bron van inkomste of hulpverlening bestaan om onmiddellike behoeftes soos voedsel, akkommodasie en stabiliserende mediese dienste te voorsien nie;
•Verskaffing van landbou noodleniging aan behoeftige boere;
•Sosio-ekonomiese opheffingsprojekte;
•Gemeenskapsontwikkeling vir arm en behoeftige persone in landbou wat insluit:
•Gemeenskapsprojekte vir kapasiteitsontwikkeling, opheffing en vaardigheidsontwikkeling;
•Opleidingsprojekte en ondersteuning van gemeenskapsprojekte;
• Verskaffing van opleiding en ondersteuning aan opkomende mikro-besighede in landbou;
•Landbouopheffingsprojekte;
•Opleiding van beraders en opkomende boere in landbou verwante aktiwiteite;
•Betrokkenheid in die bewaring en rehabilitasie van natuurlike hulpbronne;
•Hulp aan boere wat deur rampe getref is.
Kom, staan saam en ondersteun een van Suid-Afrika se grootste bates, ons kommersiële boere, deur hierdie skakel te volg: https://www.tlu.co.za/droogte/