Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Die pragtige Rozanne de Beer Olivier is op 28 April 1991 gebore vir ouers, Bennie en Yvonne de Beer. Sy was ‘n Britsie in murg en been en matrikuleer in 2009 aan die Hoërskool Brits.
Rozanne begin reeds as 15-jarige met haar vliegopleiding en verwerf haar privaat vlieënierlisensie (PPL) op 16-jarige ouderdom, daarna haar kommersiële vlieënierlisensie in 2010 en werk as vlieginstrukteur by die Wonderboom nasionale lughawe, in Doornpoort Pretoria, waarna sy haar vlerke sprei en in 2017 sluit sy by Westair Aviation, by Eroslughawe in Windhoek, Namibië aan as kommersiële vlieënier.

Op 19 Mei 2021 trou Rozanne met Philip Olivier.
Sy sterf op Vrydag, 3 Mei 2024, oomblikke na opstyging van die Eros-lughawe in Windhoek op ‘n instandhoudings-toetsvlug saam met nog ‘n vlieënier en ‘n werktuigkundige toe die vliegtuig onverklaarbaar neergestort het in Pionierpark, ‘n voorstad van Windhoek en in vlamme uitgebars het.
Volgens Rozanne se ouers, Bennie en Yvonne de Beer was dit vir die familie ‘n geweldige skok, maar hulle is opreg dankbaar vir die ongelooflike ondersteuning wat hulle van die gemeenskap kry. “Rozanne leef in ons gedagtes voort.”
‘n Roudiens word Vrydag, 17 Mei om 10:00 op Mamogaleskraal, buite Brits gehou.
Bevestig  bywoning en liggingbesonderhede met Laurike - 073 045 5860.  (Foto’s verskaf)