Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - ʼn Veldtog van die VF Plus om te keer dat agtien plase en landelike nedersettings van Brits by die aanliggende Moses Kotane-plaaslike munisipaliteit ingesluit word, het vrug afgewerp.
“Die munisipale afbakeningsraad het verlede week aangekondig dat die aansoek om die gebiede by Moses Kotane te integreer, afgekeur is,” vertel Elsa Lourens, VF Plus-raadslid: Madibeng plaaslike munisipaliteit.
“Die VF Plus in Madibeng het in September verlede jaar ʼn groot veldtog in die gebied gelei  om die poging tot herafbakening teen te staan.” 

Die party het verskeie gemeenskapsvergaderings gehou en die geraakte boere en gemeenskappe bygestaan om hul besware skriftelik te formuleer en by die munisipale afbakeningsraad in Pretoria in te dien. Sewentig besware is ingedien.
“Hierdie suksesvolle veldtog dien as ʼn bewys van die krag van doeltreffende gemeenskapsoptrede. Die VF Plus sal voortgaan om leiding te neem om die belange van gemeenskappe te beskerm en te dien.
Dit is daarom belangrik dat kiesers verseker dat die ANC in die komende verkiesing uit die Noordwes-regering vervang word met ʼn doeltreffende koalisieregering waarvan die VF Plus deel vorm.