Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – SONOP - Sakelui, boere en lede van die plaaslike gemeenskap het die VF Plus bedank vir sy ingryping om die Sonoppad, wes van Brits te beveilig. Die party het ingegryp na verskeie klagtes ontvang is oor gevaarlike spoedwalle wat sedert 8 Desember op die pad by die Skierlik-nedersetting en Sonop opgerig is. 
Die owerhede is in kennis gestel en die VF Plus het daarop aangedring dat dringend opgetree word om die pad te herstel volgens die voorgeskrewe spesifikasies.

“Die herstelwerk het vroeg verlede week begin en behoort vandeesweek afgehandel te wees,” sê Elsa Lourens, VF Plus-koukusleier in Madibeng. 
Die plaaslike gemeenskap het skynbaar, in opdrag van ‘n plaaslike ANC-raadslid spoedwalle opgerig wat met bakstene en beton regoor die pad opgerig is. 
Behalwe vir die feit dat sulke optrede op ‘n openbare pad heeltemal onwettig is, was die walle so hoog dat verskeie motoriste se voertuie beskadig is in hul pogings om verby die versperrings te kom. 
Weens die feit dat daar ook geen waarskuwings of padtekens opgerig is nie, is twee voertuie reeds op onderskeidelik 8 en 9 Desember in ongelukke by die toneel betrokke.  Verskeie motoriste het ook gemeld dat hulle deur lede van die Skierlik-gemeenskap geteister is terwyl hulle óf moes stilhou, óf baie stadig by die gebied probeer verbykom het. Sekuriteitsmaatskappye het inwoners ook vermaan om die gebied te vermy weens die vrees dat verál vroue geteiken kan word in motorkapings.
Elsa Lourens, het verder gesê “die VF Plus nie sal toelaat dat onverantwoordelike elemente wegkom met sulke onwettige optrede wat die gemeenskap in gevaar stel en verontrief nie. Die party sal voortgaan om onwettighede te bestry en die owerhede verantwoordbaar te hou.”