Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – “Hy het agter jou aangehardloop, want jy was sy mens en hy, getrou aan jou, het vinnig weggejaag en hom daar tussen niks en nêrens gelos, weggegooi soos ‘n vrot vel.
Jy is harteloos en verdien geen hond nie,” dis die boodskap van Paws of Love aan die vrou wat haar hond Donderdagoggend op die Thabazimbi-pad afgelaai en weggejaag het.
Paws of Love is ‘n nie-winsgewende organisasie NPC 2024/020986/08, onderleiding van Annalene Grundlingh, wat ten doel het om veral honde en katte in nood te help met kos, medieseversorging asook ‘n veilige hawe. 
Baie van die diere was eens troeteldiere met onvoorwaardelike liefde vir hulle eienaars, dié eienaars wat net op ‘n dag besluit hulle wil nie meer die troeteldier hê nie…

Dit is presies wat Donderdag, 15 Februarie, net na 06:00 gebeur het. Volgens ‘n ooggetuie het ‘n vrou in ‘n blou/groen motor haar hond langs die Thabazimbi-pad uit die motor gelaai en weggejaag. Die ooggetuie het ‘n foto van die hond geneem wat verbouereerd en getraumatiseer, vir meters agter sy eienaar se voertuig aan gehardloop het. Annalene het die ooggetuie se noodkreet op sosiale media gesien en dadelik boodskappe uitgestuur om die hond te probeer opspoor. 
“My hondehart het vir my gesê hier is ‘n slang in die gras,” sê Annalene. “Toe ek twee en twee bymekaar sit, besef ek dat dit moontlik die vrou in die Sonop-omgewing is, wat my ‘n paar dae van te vore gekontak het om ‘n ander huis vir haar hond te kry.”
“Ek het haar gekontak en gevra of haar hond veilig is en sy het dadelik antwoord dat hulle reeds ‘n goeie huis vir die hond gekry het. Steeds was ek kriewelrig en vra toe die oogetuie om die foto wat sy geneem het vir my te stuur. Groot was my verbasing en skok toe ek sien dat die weggegooide hond, dieselfde hond is as die hond (Bacon) van die vrou van Sonop,” sê Annalene.
Mense van tot sover as Thabazimbi en selfs Johannesburg was met afgryse vervul en het onverpoosd ingespring en na Bacon begin soek. Net voor donker Donderdagaand is Bacon gevind.
“Carel Nel het ure saam met Lourens van Niekerk gesoek en Bacon naby die Wolwekraal-afdraai gevind. Behalwe vir Carel en Lourens het Karen Bezuidenhout, Madelein Kemp en Krappies Kemp ook die omgewing gefynkam en ek is opreg dankbaar vir al die mense wat uit hul pad gegaan het om Bacon te vind,” sê sy.
Bacon is tans in pleegsorg by Krappies en Madelein Kemp en volgens hulle is Bacon ‘n liewe hond met ‘n wonderlike, dankbare persoonlikheid. Bacon soek ‘n permanente huis waar hy sy onvoorwaardelike liefde met sy nuwe eienaars sal deel, waar hy sal weet hoe dit voel om ‘n regte huis te hê en waar hy die liefde sal kry wat hy verdien.
Mense wat belangstel om vir Bacon aan te neem, kan vir Annalene by 082 389 3374 skakel. Om diere in nood te help, is Paws of Love afhanklik van skenkings. Kontak Annalene vir meer inligting oor hoe om by die liefdadigheidsorganisasie betrokke te raak.