BRITS POS – KAMEELDRIFT - Boere word op hulle knieë gedwing met die aanhoudende en wreedaardige wyse waarop wild en vee in draadstrikke op plase in die Krokodilgemeenskap gevang word. “Van Saterdag tot Dinsdag is 46 strikke van ‘n 40 hektaar kamp op ‘n plaas verwyder en die omheiningsdraad is op twee plekke geknip,” vertel Janus Fourie van die plaaslike GPF. “Al die strikke is nuut, gemaak van elektriese kabels wat gebruik word om geëlektrifiseerde heinings op te rig.” (Foto’s: verskaf)