Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Brits Pos het met Pierre Schutte, ‘n wildboer van die omgewing gesels om die verhaal agter sy nagmerrie ondervindings in 2021 te hoor.
Die eerste plaasaanval op hom was 4 Januarie 2021 toe vier verdagtes op hom geskiet het. Hy het terug geskiet en hy was gelukkig nie getref nie. Die aanvallers het van die toneel gevlug. 
Daarna is doodsdreigemente op karton geskryf en aan grensdrade en hekke aangebring vir hom, sy buurman en plaaswerker om te sê dat hulle doodgemaak sal word.

Skaars vier maande later, net na sononder, het hy na sy skape omgesien toe twee boosdoeners deur die lyndraad gebreek het en van agteraf op hom afgestorm en hom geskiet het. Pierre het teruggevuur, maar die verdagtes het gevlug. 
Hy is in sy long, milt en maag getref. Al die GPF-groepe in die groter omgewing, HEMS en die polisie was vinnig op die toneel. Pierre is op die toneel gestabiliseer en in ‘n kritieke toestand per lugambulans na die Milpark-hospitaal in Johannesburg vir spesialisbehandeling afgevoer. Sy milt is verwyder en die wonde aan sy maag en longe is behandel en hy het drie weke in die hospitaal aangesterk.
Twee verdagtes is ‘n week na die aanval gearresteer en met hulle eerste hofverskyning was hy nog in die hospitaal, maar hulle is kort daarna op borgtog vrygelaat en is steeds op vrye voet.
Pierre vertel dat dit lank neem om die saak af te handel, want Covid 19 het net daarna uitgebreek en is die hofsaak al telkemale as gevolg van verskillende verskonings uitgestel, maar dit kom weer in Maart 2024 voor. Hy vertel dat hy in 2023 ‘n opname vir AfriForum gedoen het en op sewe plase in dieselde omgewing is daar meer as R12 miljoen se wild en vee gebuit. Baie van die sake word nooit afgehandel nie, want die sake word deur die howe uitgegooi, die beskuldigdes pleit onskuldig of erken skuld en betaal minimale boetes en gaan dan net weer voort met hierdie verfoeilike dade. Na bewering is die probleem veel groter as die wildstropers self en is daar talle sindikate wat groot is, met markte waaraan hulle die karkasse verskaf, maar daar word min aandag aan die sake gegee, want in sommige gevalle is polisielede toegegooi onder sake.
Pierre vertel dat die toerismebedryf ook regstreeks beïnvloed word met rowers wat op kampplekke toeslaan, tente oopsny en selfone, skootrekenaars en kontant buit en vlug. 
Die vispopulasies word ook uitgewis met vissermanne wat met onwettige kievnette die damme stroop en so, stadig maar seker die toerismebedryf beroof.
Hy doen ‘n beroep op alle slagoffers om die sake aan te meld, want tans lyk dit of wildstrikke, wild- en veediefstal en stropery glad nie ‘n probleem in ons omgewing is nie.