Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – HARTBEESPOORT – “In die eerste voorbladberig van 2024, bring Brits Pos onder ons lesers se aandag die gruwelike realiteite van wild- en veestrikke in ons omgewing,” skryf ‘n leser wat kán saampraat as gevolg van sy direkte betrokkenheid en kennis.
“Letterlik op die dag van publikasie, het nog ‘n pragtige sebrahings in ‘n strik gevrek na vermoedelik ‘n grusame lyding, hierdie keer aan die suidelike hang van die Magaliesberge in die kern van die Biosfeer.
“Baie duidelik is die stropery die werk van een of meer misdaadsindikate met ‘n kennis van wildbewegings. Die strikke is professioneel gemaak met gevlegte staaldraad soos deur Brits Pos berig.

 Na toegang verkry is deur omheinings te knip, word die strikke deur gesoute misdadigers geplaas waar die wild gewoonlik beweeg.  “Nie net een eiendom in hierdie gebied word deur die gewetenlose en sluwe misdadigers geteiken nie. In die proses word die balans in die ekologie van ‘n unieke strook met sy trou- en konferensie aanloklikhede, asemrowende uitsigte op Hartebeespoortdam en die nabygeleë eksklusiewe gholf- en ander gesogte woongebiede, onherroepelik vernietig. “In ‘n vorige onlangse wildstropery op dieselfde eiendom is twee Njalabulle deur strikke gedood. In ‘n opvolgaksie die volgende dag deur die plaaseienaars, is twee-en-twintig van die berugte strikke verwyder en na die Hartbeespoortdam polisiestasie geneem waar klagtes gelê is vir kwaadwillige saakbeskadiging, betreding en gepoogde wildstropery. Die SAPD wou nie die strikke in bewaring neem vir ‘n moontlike regsproses nie. “Toe by ‘n verdere geleentheid navraag gedoen is oor vordering, is aan die klaers bloot gesê dat die saak oorgeplaas is na die veediefstaleenheid iewers in Noordwes. Geen verdere nuus is daarna ontvang of daar wel ‘n regsproses aan die gang is nie.
Indien wel, maak dit geen verskil aan die voortgesette vernietiging van wat die Hartbeespoortgebied so aantreklik gemaak het vir sy inwoners en toeriste nie.” (Foto’s verskaf)
(Brits Pos plaas volgende week ‘n opvolgartikel.)